Ruben en Bianca
Ruben & Bianca

Ons Feesviering

13 Februarie 2027 | Smitsfields Wedding Venue, Mpumalanga

Aftelling tot ons groot dag

000 Dae
00 Ure
00 Minute
00 Sekondes

Vandag is ons groot dag!

Ons Storie

Ons storie het nie met ’n groot oomblik begin nie. Daar was geen enkele dag waarop alles skielik anders geword het nie. Dit het eerder stilweg begin, iewers tussen naweke saam met vriende en die studentelewe by 36 Murraystraat, waar Bianca in ’n kommune saam met vier vriende ingetrek het. Dit was eenvoudig dit: goeie vriende, ’n huis vol studente, en die sekerheid dat vriendskap al was wat dit ooit sou wees. Ons het min geweet dat dit presies was waar die Here ons op daardie stadium van ons lewens wou plaas. Ons kon ure aaneen praat, en wanneer die ure verby was, steeds iets hê om vir mekaar te sê. Ons het elke stukkie daglig probeer uitrek: nog ’n gesprek, nog ’n koppie koffie, nog ’n paar minute saam. Iewers tussen al daardie gewone dae het ons, sonder om dit ooit te besluit, die persoon geword na wie die ander een altyd eerste gesoek het. Sonder haas, sonder druk, en amper sonder dat ons dit self agtergekom het, het ons vriendskap begin groei tot iets waarvoor nie een van ons aanvanklik ’n naam gehad het nie, al het ons vriende dit, lank voor ons, reeds duidelik raakgesien.

Ons liefde het gekom soos sonlig wat vroegoggend deur ’n venster val. Eers net ’n dun streep lig oor die vloer, sag, warm en maklik om mis te kyk. Maar sonlig vra nie toestemming om ’n vertrek binne te kom nie. Dit beweeg stadig verder, raak aan die mure, vind die stil hoeke, en vul mettertyd ruimtes waarvan ons nie eens geweet het daar was donkerte nie. Só het ons liefde ook gegroei. Daar was nie een groot oomblik waarin ons wêreld skielik verander het nie; dit was eerder honderde klein oomblikke wat ongemerk iets groters begin vorm het. Vriendskap het in respek verdiep, respek het vertroue gebou, en uit daardie vertroue het liefde gegroei. Die persoon met wie ons ure kon gesels, het die persoon geword wie se hart ons bewonder, wie se oordeel ons vertrou, en langs wie ons wil groei. Stadig het ons mekaar se mense geword sonder wie ons ons dae nie meer kon voorstel nie. Voor ons kon agterkom presies wanneer dit alles gebeur het, was die hele huis al helder.

Miskien is dit waarom ons liefde vir ons so kosbaar is: dit hoef nooit hard te wees om diep te wees nie. Dit leef in die klein ruimtes van die alledaagse, in gesprekke wat nooit opraak nie, in die lag, in die stilte waarin ons steeds naby voel, en in die sekerheid dat ons deur elke seisoen weer na mekaar toe sal draai. Ons het in mekaar nie net iemand gevind om lief te hê nie, maar ’n beste vriend, ’n veilige plek, en uiteindelik iets wat soos tuiskoms voel. Ons weet die lewe sal nie altyd uit helder dae bestaan nie, en dat die son soms agter wolke sal verdwyn. Maar miskien is dít die mooiste deel van alles: die lig waarmee ons begin het, skyn lankal nie meer net van buite deur die venster nie, dit het deel van ons huis geword. En nou kry ons die voorreg om vir die res van ons lewe saam daarin te woon.

Inligting vir die Naweek

Die Begin Van die Naweek

Ons verwelkom al ons gaste wat die naweek saam met ons by
Smitsfield kan deurbring om Vrydagaand die Marx Makietie saam
af te skop met lekker kos, goeie geselskap en ’n
ontspanne kuier.

Vrydag 18:00 vir 19:00

Verloop van die dag

Ons Groot Dag

Die tye hieronder dien as ’n riglyn en kan effens verander gedurende die viering.

14:00

Gaste arriveer

Geniet iets om te drink en vind rustig julle sitplekke voordat die seremonie begin.

14:30

Seremonie

Kom vier saam met ons wanneer ons ons geloftes aflê en ons nuwe hoofstuk as man en vrou begin.

15:45

Foto’s & verversings

Neem saam met ons foto’s, geniet ligte verversings en kuier gesellig terwyl die vieringe voortgaan.

18:30

Onthaal

Ons beweeg oor na die onthaal vir die aand se verwelkoming, aandete, toesprake en lekker saamkuier.

20:00

Eerste dans & partytjie

Sluit by ons aan vir ons eerste dans en ’n feestelike aand op die dansvloer saam met familie en vriende.

Ruben en Bianca hou hande vas

Kleredrag

SOMERFORMEEL

Verwagte temperatuur

14°C - 27°C

’n Ligte baadjie vir die aand word aanbeveel.

Weervoorspelling
Mans
Formele drag. Voltooi asseblief jou voorkoms
met ’n baadjie en/of das.
Dames
Sagte pastelkleure word verwelkom. Vermy
asseblief wit en pienk.
Kleurskema
Ruben en Bianca

Geskenke

Jou teenwoordigheid is vir ons meer as genoeg,
maar indien jy graag ’n bydrae wil maak vir
ons nuwe tuiste sal ons dit baie waardeer.

Bank: FNB/RMB

Account Holder: Ruben Marx

Account Type: FNB Aspire Current Account

Branch Code: 250655

Account Number: 62936507716

Ons sien uit om saam met julle fees te vier!

RSVP ASSEBLIEF VOOR
13 NOVEMBER 2026
Ruben en Bianca stap saam